Emma
Ons moes vandag vir Emma Binder totsiens sê. Sy is 'n Britse dametjie van Singapoer wat vir 'n week vir Marna afgelos het met die tuisskoolonderwys. Die kinders het haar vreeslik baie geniet en sy was 'n groot seën hier in ons huis. Ons prys die Here vir sy voorsiening op hierdie manier!

Bly ons kon uiteindelik sien hoe Emma lyk (danksy ADSL lyn!)