kiekies

Die gelukkige vissie

Vissie Ek is besig om voor te berei vir Strand-Noord gemeente se sending fokus en het toe 'n klein illustrasie geskep om die ongelyke verspreiding van die goeie nuus te demonstreer. Ek het die ding op "Thailand" gestel en dit was weer hart-in-die-keel om te besef hoe behoeftig die mooi land is.

Gaan kyk self.

NTTV

'n Nuwe vertaling van die Thai Bybel

Op die oomblik help ek met die bladuitleg van 'n nuwe vertaling van die Bybel in Thai - New Thai Translation Version of NTTV.

In Thailand is daar 'n spesifieke taal, genaamd Rajasap, wat net gebruik word vir die koning om die hoogste mate van respek aan te toon. Die Christene het met die vertaling van die Bybel in Thai natuurlik ook hierdie spesiale koninklike taal gebruik vir die Koning van die konings. Ongelukkig is dit 'n taal wat nie baie algemeen gebruik word nie en word die vreemde boodskap van die Bybel hierdeur nou nog vreemder vir die algemene publiek. Die NTTV is 'n vertaling uit die oorspronklike Grieks en Hebreus, maar dit poog om meer alledaagse woorde en uitdrukkings te gebruik wat tog nog respek vir God aantoon.

Daar is 'n paar kundige Thai Christene (vertalers en proeflesers) wat die manuskripte vir my aanstuur en dan verwerk ek dit tegnies om gereed te wees vir die drukpers. Ek trek nou by Johannes 8.

Voorbeeld van Markus 15