Vandag se kinders

Toe ons in Februarie die laaste paar bokse in ons nuwe kantore uitpak, was dit die einde van een van die grootste projekte waarby ons nog tot dusver in Thailand betrokke was. Baie honderde ure se beplanning en stoei het hier ingegaan, maar ons is baie dankbaar teenoor die Here vir sy leiding al die pad.
Nerina en Cobus het 'n baie vol tweede semester by hulle skool gehad en dit lyk darem of hulle die akademiese mas opkom. Omdat die skooljaar in Augustus begin moes ons vir Nerina ses maande vooruit skuif (graad 5) en Cobus is ses maande terug (graad 2). Hier is 'n paar kiekies: