kiekies

Ons is hier!

Die Theunissens is weer in Thailand.  Prys die Here.  Meer nuus sodra ons 'n internet konneksie het.  Intussen kan die entoesiste solank in Google se satelliet kaarte gaan kyk na waar ons woon.

Daniel Luc Theunissen

Cobus en Maureen het vandag hulle babaseuntjie Daniel in Kaapstad laat doop. Daarna het ons dit by Soverby naby Stellenbosch gaan vier.

27 Nov 2005 | , | Een opmerking

Eerste drie tande waai

Net om vir die Oumas te wys dat geen gebeurtenis te nietig is om op kiekies genoteer te word nie:  Cobus het hierdie maand sy eerste drie tande gewissel.

01 Nov 2005 | , | Een opmerking

Werkspermit

Ek (Jannie) is op die oomblik in Bangkok om my werkspermit te verleng.  Dit is fantasties om terug te wees en ek beplan om terwyl ek hier is sommer die jaarlikse sendingkonferensie in Chiang Mai by te woon asook die nasionale boekefees in Bangkok.  Haai, julle is darem suinig met julle komentaar, nê?  Lees iemand ooit hierdie goed?

04 Oct 2005 | , | 'n paar opmerkings

Sendingfokus

Strand-Noord gemeente se sendingfokus was hierdie maand vir ons die groot hoogtepunt.  Hier is die "Maats in Aksie" besig met 'n bietjie sendingaksie.

20 Sep 2005 | , |

Die Thai manier

Hierdie fotos is nie gedokter nie. Rêrig. Dit wys jou net - daar is die verkeerde manier om kos voor te berei en dan is daar die Thai manier:

KFC en McDonalds

16 Sep 2005 | , |

Stukkie statistiek

'n Visuele voorstelling van die aantal Christene in die wêreld, Suid-Afrika en Thailand.

16 Sep 2005 | |

Hermanus

Koue weer, rowwe see
Gou gaan walvisse kyk by Hermanus.

Fantasties!

04 Sep 2005 | |

Internet bediening

In 2003 het ons 'n verslag oor internet gebruik in Thailand vir ons OMF konferensie voorberei. Kort daarna is ons Thai evangelistiese webblad www.kwamjing.net gebore.

meer hieroor...

03 Sep 2005 | , |

Life explained

Hier het julle dit mense.

03 Sep 2005 | , |

Suidoos Asië HUB

Ds Nico KriekDie byeenkoms van die Suid-Oos Asië HUB was 'n hoogtepunt.  Nogal op Britstown van alle plekke!  Ons kon baie by mekaar leer.

meer hieroor...

01 Sep 2005 | , |

Bangkok

"Bangkok" is die naam wat westerlinge vir Thailand se hoofstad gegee het. Die Thai ken dit as "Groeng Tep" wat 'n afkorting is vir die langste pleknaam in die wêreld.

24 Aug 2005 | , |

Die jollie mannetjie

Vir almal wat van breinknopers hou. Kyk of julle hierdie een kan uitgewerk kry.

12 Aug 2005 | , |

Pivot 1.0..

Kon hierdie week uiteindelik tyd kry om kiekies.net oor te bou.  Op Cobus se aanbeveling het ek Pivot ingespan.  Skerp blog.   Met die nuwe baadjie sal daar hopelik meer gereeld nuwe inhoud wees :-)

Elektroniese stres toets

Ek weet regtig nie hoe doen hulle dit nie, maar dit werk.  Ongelooflik.  As jy gou wil toets of jy oormatige stres het, kan jy net op die "Stres toets" skakel hieronder druk vir 'n onmiddelike uitslag.  As die twee dolfyne nie heeltemal dieselfde lyk nie, dan is jou stresvlak tans abnormaal hoog: [ Stres toets ]

Nakon Sawan

Die hemelse stadOns het vir drie jaar in Nakon Sawan gebly.  Dit is 'n wonderlike stad in Sentraal Thailand omtrent 300 km noord van die hoofstad Bangkok.  Hier is die resultate van 'n bietjie navorsing wat ons oor die provinsie gedoen het.

01 Aug 2005 | , |