Your browser does not fully support CSS standards. We recommend that you upgrade your browser.
25 Okt '06

English Club, I say

Marna se English Club kinders Vanaand het die buurt se kinders hier rondgery en sing aan 'n nuwe Engelse liedjie wat hulle by die buurt se "English Club" geleer het.  Hulle het ook van 'n God geleer wat die aarde gemaak het, 'n groot vloed en 'n storm wat stil beveel is.
gebeure | een opmerking
25 Okt '06

Gebedspan uit SA


Groot opgewondenheid met Heelna Nieuwoudt, Tertia, Gerhard en Ingrid wat hier by ons kuier vannaand.  More vertrek ons op 'n Kanok Bannasan kamp en hulle vertek terug na Suid-Afrika na 'n gebedstoer hier in Thialand.

gebeure |
07 Okt '06

Grênd Chinese troue

Fotos van Sarot en Loei se groot dagChristen vriende van ons het gister getrou en Nerina was een van die strooimeisies.  Die bruid se ouers is redelik welgestelde  Chinese, so dit was 'n grote affêre.  Die onthaal was "to-djien" styl waar omtrent 10 gaste om 'n ronde tefeltjie sit en omtrent 10 gange kos aangedra word.  Een van die gange was 'n heel gebraaide speenvarkie op 'n spit (per tafel!) en die moet jy dan met stokkies probeer eet.  Selfs die troukoek is op die einde met die stokkies geëet.

gebeure, thai |
30 Sep '06

Studieweek

Skuifies van die weekDaar was hierdie week weer groot opwinding toe sendingkinders van baie oorde af by OMF in Bangkok byeen was vir 'n tuisskool studieweek.  Marna het baie moeite gedoen om 'n interessante program te reë met hoogtepunte soos 'n besoek aan die lughawe se beheertoring en Bangkok se befaamde ontdekkingsmuseum.
gebeure | een opmerking
20 Sep '06

Militêre Staatsgreep

Dinsdag nag se oornameGisteraand het militêre leiers van Thailand die land oorgeneem.  Die hoof van die weermag, Generaal Sonthi het die parlement ontbind, die konstitusie opgehef en 'n tydelike regering aangestel. Gevolglik was vandag 'n publieke vakansiedag en alle skole, banke en regeringskantore was gesluit. Anders as die vorige staatsgreep in 1991, was hierdie een bloedloos en by baie Thai mense heel welkom, maar daar is nog baie soldate in die strate van Bangkok.

meer hieroor...
gebeure, thai | Via |
19 Sep '06

Thai sweeties

Die Thai mense eet oor die algemeen baie gesond.  Hulle het ook olierige piesang fritters (hmmmm..), maar hierdie geroosterde piesangsosaties is 'n baie gewilder teetyd happie.  Ander soorte poeding is pampoen, lotus-wortel, soetmielies en 110 soorte jellies.
thai |
19 Aug '06

De Beers kom kuier

Die Here was so goed om dit onlangs vir Wilhelm en Sonja De Beer moontlik te maak om vir ons hier in Bangkok te kon kom kuier.  Hulle is vriende van Matie dae af.  Daar was geëet en gesels en gebak en gebrou en geswem en gebid dat die stof so staan.  Dank die Here saam met ons vir die bemoediging.
gebeure |
27 Jul '06

Besoek aan die Tandarts

Marna en die kinders het vandag die tandarts gaan besoek.  Dis nou aan die anderkant van 'n stad met 12 miljoen inwoners so dit kos onder meer 'n rit met ons motorkar, dan die ondergrondse trein, dan die lugtrein, dan oorklim op 'n boot, en die laaste stukkie met 'n taxi.  Die terugkom is weer 'n ander storie.

gebeure |
24 Jul '06

Hulp uit Engeland

Die naam is James - James Steer.  Hy is nie 'n geheime agent nie, maar 'n jongman (met 'n PhD in Chemie nogal) wat vir 'n maand kom om ons filmargief te organiseer.  Ons prys die Here vir sulke hulp.  Dit maak 'n groot verskil. 

NS: 'n Filmargief is 'n stowwerige kamertjie waar daar omtrent 800 stelle 36" x 25" transpirantvelle ingeprop is en alke keer as mens 'n boek wil herdruk moet iemand daar ingaan en dan weer uitkom met die regte een.

gebeure |
25 Jun '06

OMF konferensie

Jaarlikse konferensie

OMF Thailand se jaarlikse konferensie was hierdie jaar naby Had Yai in Suid-Thailand gehou.  Dit was weer 'n groot hupstoot om met ou en nuwe kollegas te kuier en saam uit Hebreërs te leer.  Die Theunissens het 22 Junie met die trein afgereis en weer 25 Junie met 'n binnelandse vlug na Bangkok teruggekeer.  Baie lekker!
gebeure |
20 Jun '06

Die Goeie Nuus via die Web

Goeie NuusOns hou nie van kort opsommings van die Evangelie nie, maar Matthias Media van Australië het een van die beste opsommings wat ons nog gesien het by http://www.matthiasmedia.com.au/2wtl/

artikels |
17 Jun '06

Head Heart Hand

Hierdie naweek het Kanok 'n werkswinkel vir Thai Christen outeurs aangebied.  Die meeste van die boeke wat ons publiseer is nog uit Engels vertaal en dit was een stap in ons poging om die situasie te verbeter.

gebeure |
16 Jun '06

Nuwe bloed

Ons moes ongelukkig van Lynn afskeid neem. Maar die Here het voorsien in die toevoeging van "Lukmee", "Or" en "Ben" tot ons span.  Die opleiding begin nou weer van voor af, maar ons is opgewonde en dankbaar om sulke oulike Thai Christene tot die span by te kry.  Dankie vir almal wat hiervoor help bid het!

gebeure |
10 Jun '06

60 Jaar op die troon

Tienduisende bring hulde

Hierdie naweek het konings en staatshoofde vanoor die hele wêreld in Bangkok aangekom om saam met tienduisende Thailanders hulde te bring aan die langs regerende monarg - sy majesteit Koning Pomiphol Adulyadet van Thailand wat reeds sedert 1946 hier regeer.

"Die Here is Koning vir ewig en altyd." - Psalm 10:16

gebeure, thai |
22 Mei '06

Nog 'n skapie veilig tuis!

Djien se doopDit was goed om saam met "Satchatham" gemeente te kon gaan kamp. Een van die hoogtepunte was toe ons vir Djien kon doop. Marna het al 'n paar maande lank Bybelstudies saam met haar gehou en haar man is 'n mooi gelowige. Die algemene aptyt onder die jong mense na God se Woord was wonderlik om te ervaar.

gebeure |

Skakels

Terug na mees onlangse inskrywings