
Toe ons in Februarie die laaste paar bokse in ons nuwe kantore uitpak, was dit die einde van een van die grootste projekte waarby ons nog tot dusver in Thailand betrokke was. Baie honderde ure se beplanning en stoei het hier ingegaan, maar ons is baie dankbaar teenoor die Here vir sy leiding al die pad. Ons is moeg vir bouplanne, regeringsamptenare, kwotasies, lan-kabels, prokureurs en kartonbokse, maar dis 'n lekker en tevrede moedheid.
Nerina en Cobus het 'n baie vol tweede semester by hulle skool gehad en dit lyk darem of hulle die akademiese mas opkom. Omdat die skooljaar in Augustus begin moes ons vir Nerina ses maande vooruit skuif (graad 5) en Cobus is ses maande terug (graad 2). Hier is 'n paar kiekies:
Behalwe die bouery wat in volle swang was, kon ons darem Desembermaand van rat verwissel en betrokke wees by 'n paar Kersuitreike. Marie Louise (Marna se suster), het kom kuier en was vir ons 'n groot hulp en vreugde gedurende die besige tyd.
Groot opgewondenheid hier vandag. Nerina en Cobus het by KIS International School ingeval. Dit lyk of hulle dit sover oorleef...


Cobus moes 'n nood knie-operasie ondergaan nadat hy teen 'n blompot geval het. Dertien steke lank en vier cm diep! Jannie was by 'n jeugleierskamp, maar Marna het die situasie baie kalm hanteer en ons dank die Here vir goeie beterskap.
Hier in Maart het dit begin warm word en na 'n stywe stuk skool het ons net besluit - nou is dit langnaweek! Was baie lekker saam met die Wards by 'n hotelletjie naby Rayong aan Thailand se Ooskus.
Stephan en Hylie olivier is nou hier om ons vir 'n maand te kom help. Ons waardeer hulle vriendskap, opoffering en diensbaarheid. Dankie!!
Vroeg in die jaar kon ons na 'n nuwe produksieplatform migreer met nuwe gereedskap en werksvloei in Kanok Bannasan se produksie departement. Hier is ons bladuitlegger (Nueng) en grafiese kunstenaar (Ko) besig om die spulletjie versigtig gade te slaan. Hulle is nou goed op spoed op die nuwe sisteem.
'n Baie tipiese manier hoe Suid-Afrikaners in Bangkok Kersfees vier. Hier is die Wards by ons oukeraand-braai op ons stoep.
Groot vreugde met Ann (langs Marna), Palm en Ree se doop. Mag daar nog baie wees!
Twee dae by die see het sommer 'n groot verskil gemaak aan die atmosfeer by die werk. Almal het baie hard gewerk gedurende 2006 en hierdie blaaskans was net voor die groot einde-van-die-jaar storm wanneer ons nuwe evnagelisasie materiaal an teologiese handboeke moet uitgee.
Weet iemand dalk wat is 'n "retreat" in Afrikaans?